Local news
Manie Jackson kuier by Suikerbosoord
Manie Jackson se optrede het groot byval by die gehoor gevind.

Op 14 Julie het die welbekende sanger Manie Jackson tydens ‘n fondsinsamelingsprojek in Heidelberg ‘n draai gemaak.
Ds Cobus Rossouw het die verrigtinge geopen en almal hartlik verwelkom waarna die populêre sanger ‘n puik vertoning gelewer het.

Jackson se boodskap aan almal wat teenwoordig was: “Leef met die gedagte dat elkeen nog steeds jonk van gees is.
“Leef voluit. Maak goeie keuses. Wat ook al jou keuses is, onthou een ding elke keuse beïnvloed die geliefdes om jou so neem dit in gedagte wanneer besluite geneem word.”

Buiten die musiek het Manie Jackson ook stories vertel en die gehoor vermaak met grappies en verhaaltjies.
Die saal was propvol gewees en elke persoon het die vertoning met oorgawe geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.