Nigel onttroon as Merlin Liga kampioene
Merlin Beker verander van hande na taai stryd in die finaal.
Nigel se Rugbyklub se eerste- en tweede spanne het vanjaar deurgedring na die finaal van die Merlin Beker reeks.
Nigel, wat tot Saterdag die houers van die Merlin Beker was, wou nie die status opgee nie en het hul harte uitgespeel maar moes die knie buig teen Meyerton. Hulle het met 30-29 verloor.
Die finaal was Saterdag (5 Augustus) op die Barnard Stadion in Kempton Park beslis.

Nigel se eerste span het in die Merlin reeks bo-aan die punteleer geeïndig nadat die span met Sasolburg in die semi-finaal afgereken.
Die wedstryd was deurentyd gelykop gewees waar nie een span nie ‘n duim vir die ander wou terugstaan nie.
Beide spanne was oorgehaal op verdediging en wou die teenstander se spel patroon ontwrig.
Twee drieë, een vervyfskop en een strafskop was deur beide spanne in die eerste helfte aangeteken.
Die halftyd telling was 15 elk gewees.

In die tweede helfte het beide spanne ‘n verdere twee drieë elk gedruk. Nigel het ook twee doelskoppe oor geskop en Meyerton een doelskop en een strafdoel.
Meyerton het ook een geel kaart in die wedstryd ontvang.
Meyerton het deurentyd in die wedstryd Nigel se spelpatroon ontwrig, en nie toegelaat dat Nigel hul kenmerkende hardloop rugby kon speel nie. Meyerton het glad nie opgegee nie en het die wenpunte in die laaste twee minute aangeteken.

Nigel het ‘n geleentheid gekry om die wenpunte met ‘n strafskop aan te teken in die laaste minuut van die wedstryd maar die skop was nie geslaagd gewees nie.
Nigel se eerste span punte is as volg aangeteken:
Drieë: Graig Pienaar (3), Frikkie Jansen (1). Doelskoppe Junaide Seedat (3). Straskop (1).
Spelers van die wedstryd: Graig Pienaar en Adriaan van Taak.

Nigel se tweede span, wat houers van die Merlin Beker was, het deur die seisoen met doelgerigte spel gewys dat die status vir hulle baie beteken en het die heel jaar met passie en trots gespeel.
Dié span het in die finaal teen Benoni te staan gekom en het hul titel suksesvol verdedig met 29–10.

Nigel se tweede span se punte was as volg aangeteken:
Drieë: Sipho Mahlangu (1), Tendai Magwai (1), Ettienne Booysen (1), Andile Shange (1) en Louis Barnard (1). Doelskoppe: Simphiwe Jange (2).
Nigel se bestuur het groot lof gehad vir die klub se ondersteuners en borge vir hulle getroue ondersteuning gedurende die seisoen.




