Geen tekort aan talent by die Suikerbosoord nie
Inwoners en personeel het die kuns- en kultuur middag geniet.
Die Suikerbosoord het op 5 Augustus ‘n kuns en kultuur middag gehou waartydens die inwoners hul talente en handwerk ten toon kon stel.
Die musiek was verskaf deur die Catando Koor wat die inwoners vermaak het met hulle spesiale musiek.

Theo van der Hoff (90) het die klavierspel gelewer en afgetrede suster Hannetjie Marais het verder bygedra tot ‘n genotvolle middag met haar harp.
Die uitstallings het onder andere draadkarretjies, waterverfskilderye, blomme rangskikkings, pottebakkery, komberse en wasgoedpennetjiesakkies ingesluit

Riekie van Zyl het gedigte voorgedra en Steve Lategan het ‘n verhaal oor ‘n boemelaar voorgelees.
“Hier is soveel verskuilde talent onder ons mense en dit was ‘n voorreg om die talente saam te kon vier,” het maatskaplike Werker Marlene Walkden gesê.







