Rolbalklub hou jaarlikse prysuitdeling
Heidelberg Rolbalklub gaan van krag tot krag.
Die Heidelberg Rolbalklub se prysuitdeling en algemene jaarvergadering het op 12 Augustus by die klub plaasgevind.
Die geleentheid is deur 43 klublede bygewoon.

Die klub se sekretaris, Herman van der Merwe het almal verwelkom en gesê dat die jaar uiters suksesvol was.
“Ons is voorwaar geseënd met soveel talentvolle rolbalspelers in ons klub,” het van der Merwe bygevoeg.

“Dit is net ‘n bewys dat met samewerking kan ons wonderlike uitslae bewerkstellig. Ek sien uit na die nuwe jaar se aktiewe deelname.”

Gedurende die prysuitdeling was die naaswenners en algehele wenners van die verskillende kategorieë aangewys.

Die wenners was soos volg:
• Mans geslote pare: Mike van Nierop en Hennie Oosthuizen (wenners), Johan van Wyk en John Drysdale (naaswenners).
• Dames geslote pare: Rosa Buys en Lalie Louw (wenners), Elmarie Eygelaar en Rachel van der Merwe (naaswenners).
• Gemengde geslote pare: Johan Strydom en Rachel van der Merwe (wenners), Hennie Oosthuizen en Willa Nel (naaswenners).
• Mans gekose pare: Johan van Wyk en Hansie Grobler (wenners), George Clarke en Johan Eygelaar (naaswenners).
• Dames gekose pare: Lalie Louw en Rosa Buys (wenners), Helene van Eck en Elmarie Eygelaar (naaswenners)
• Gemengde gekose pare: Hansie Grobler en Lalie Louw (wenners), Mike van Nierop en Helene van Eck (naaswenners).
• Mans veterane enkels: Mike van Nierop (wenner) John Drysdale (naaswenner).
• Dames veterane enkels: Rosa Buys (wenner),
Retha le Roux (naaswenner).
• Mans voorgee enkels: Jaco van Niekerk (wenner),
John Drysdale (naaswenner).
• Dames voorgee enkels: Elmarie Eygelaar (wenner),
Lalie Louw (naaswenner).
• Beste mans vordering: Werner Schipper.
• Beste dames vordering: Rachel van der Merwe.
• Dames ope enkels: Lalie Louw (wenner),
Rosa Buys (naaswenner).
• Mans ope enkels: John Drysdale (wenner), Mike van Nierop (naaswenner).
• Victrix Ludorum: Lalie Louw.
• Victor Ludorum: Mike van Nierop.
• Kampioen van Kampioene: John Drysdale.















