Local news

Inwoner vier 90ste verjaarsdag

Lena Brits geniet dit om the hekel en tyd op die rolbalbaan deur te bring.

‘n Bekende inwoner van die dorp, Lena Britz het op 18 Augustus haar 90ste verjaarsdag gevier.

Sy is ‘n inwoner van Heidelberg vanaf die ouderdom van 11 jaar.

Na skool was Lena by verskeie ondernemings werksaam, onder andere by ‘n prokureursfirma asook ‘n welbekende versekeringsmaatskappy.

Lena Britz is ‘n Heidelberger in murg en been.

Lena en haar man, Koos, is op 28 Maart 1953 getroud en vier kinders, twee seuns en twee dogters, is uit die huwelik gebore. Sy het ook 12 kleinkinders en 19 agterkleinkinders. Koos is in 2022 oorlede.

Lena geniet dit om te hekel en sy is ‘n bekende gesig op die rolbalbaan. Sy is al vir etlike jare ‘n kranige rolbalspeler by die Heidelberg Rolbalklub.

Lena Britz in aksie op die rolbalbaan. Sy geniet dié sportsoort nog steeds.

Lena probeer haar geloof uitleef in alles wat sy doen.

“Verdra mekaar in die goeie en slegte tye, maar dit is baie belangrik om lief te wees vir jou medemens. “In die moeilike tye is dit partykeer waar jy jouself vind en sterker word,” vertel hierdie vriendelike bejaarde.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button