Nolan Williams: Ander mense wat glimlag laat my glimlag. Dit is aansteeklik en as jy glimlag dan weerkaats jy dit weer na ander mense toe.
Met Loslitdag vir persone met gestremdhede wat op 1 September gevier word, het die HERAUT, met vanjaar se tema “Share a Smile” in gedagte, vir die lesers gevra wat hulle laat glimlag?
Ouma Malimabe: My familie is die rede vir my glimlag. Hulle is die beste en dit is altyd vir my baie maklik om te glimlag as ek by hulle is.Elvira Joubert: Ek glimlag wanneer ek kan sien dat mense regtig gelukkig is. Wanneer jy in ander se oë kyk en kan sien dat hulle net gelukkig is.Steven Bean: My vrou is die rede agter elke glimlag. Ons kan altyd lekker gesels en lag en dit is net lekker om saam met haar te kuier.Henning Snyman: Die hele lewe laat my glimlag. My oorlede pa het altyd gesê, as jy huil dan huil jy alleen, maar as jy glimlag dan glimlag ander saam met jou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!