Local newsSchools

Balfour krieketspelers haal spele span

Vyf krieketspelers het die oog van die keurders gevang.

Krieketspelers van die Balfour Gekombineerde Skool het onlangs aan die Gert Sibande Somer Spele in Ermelo deelgeneem en gesorg dat die skool as die algehele wenner van die toernooi aangewys is.

Met die skool se laaste wedstryd het drie kolwers veral uitgestaan met goeie vertonings.

Hulle is Jaco Saunders (52 lopies), Ebrahim Hussain (54 lopies) en Keagan de Bruyn (51 lopies) elk.

Die keurders was ook op die uitkyk vir goeie spel en vyf spelers van die skool is gekies vir die Gert Sibande Somer Spele Span.

Die spelers wat elk ‘n regmerkie gekry het is Jaco Saunders, Ebrahim Hussain, Keagan de Bruyn, Nasif Sulaman en Ruan Oosthuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button