Local news

Poppespel vermaak senior burgers

Goue Jare se inowners is onlangs deur Solidariteit Helpende Hand besoek.

Solidariteit Helpende Hand se Nigel-tak, onder leiding van Nico Jansen van Vuuren het onlangs ‘n poppekas vertoning vir die inwoners van die Goue Jare Ouetehuis aangebied.

Die poppekas was deur Debbie Lowther van Leo’s Entertainment aangebied.

Die inwoners het die vertoning baie geniet en selfs saam gesing en gedans.

Debbie Lowther laat haar marionet loop.

Jansen van Vuuren het gesê Helpende Hand wou graag die afgetrede inwoners van die Goue Jare Oue Tehuis bederf.

“Ons wil die senior burgers bedank, en hulle laat weet dat hul nog steeds ‘n plek in die samelewing het.

Debbie Lowther besig met haar poppekas.

“Om in ‘n ouetehuis te wees beteken nie dat hulle vergeet word nie. Ons is hier vir die inwoners van Nigel,” het Jansen van Vuuren gesê.

Persone wat betrokke wil raak by die Solidariteit Helpende Hand Nigel-tak kan Nico Jansen van Vuuren kontak deur 060 528 0018 te skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button