Local news
Begrafnisondernemer vier 30ste bestaansjaar
Neels Toerien het sy besigheid op die ouderdom van 46 begin
City of Gold Funerals, geleë te Noordstraat 65, Nigel vier vandeesmaand sy 30ste bestaansjaar.
Die eienaar, Neels Toerien (76) se visie 30 jaar gelede was om aan die inwoners van Nigel en omliggende areas bekostigbare begrafnisse of verassings te lewer en hy poog steeds om sy woord gestand te doen.
Dié inwoner van Nigel het sy besigheid op die ouderdom van 46 begin en kyk trots terug na die afgelope 30 jaar.
“Om ‘n bekostigbare diens te lewer wanneer daar afskeid geneem moet word van ‘n geliefde was nog altyd my prioriteit,” het Neels vertel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



