Volkies laat nie op hulle wag
Leerders van die skool het die afgelope tyd die skool se naam op vele gebiede hoog gehou.
Leerders van die Laer Volkskool het onlangs in verskeie aktiwiteite uitgeblink.
• Krieket
Marco Lotter is vir die Oos-Transvaal se o13-krieketspan gekies om aan die nasionale Bokkieweek, wat in Oktober plaasvind, deel te neem.
Snelbal: Ami Oosthuizen, Alexia Conte en Zané Pitout is tot die Oos Transvaal Bokkieweek-snelbalspan verkies.
• Eskom Expo:
Laer Volkskool het verskeie leerders wat aan die Eskom Expo deelgeneem het. Hulle is Jévan Dibate en Muhammad Hoosen (goue medaljes), Kaitlynn Uys (spesiale toekenning van die Universiteit van Pretoria) en Thalea Jonck.
• Wiskunde Olimpiade:
Vier leerders naamlik Ludwig du Plessis, Stephan Botha, Eckhard de Rouwe en Catrien Möller het aan die D7-Distrik Olimpiade deelgeneem. Die leerders het uitstekend gevaar en het na die Gauteng Wiskunde Olimpiade wat op 6 September plaasvind, deurgedring.
• Skaak:
Volkskool het twee skaakspanne wat aan die D7 Skaakliga deelgeneem het by die Hoërskool Overvaal.
Die o13-span het ‘n derde plek behaal en die o11-span ‘n vierde plek.







