Laer Volkskool leerders wys hul slag
Die leerders het in verskillende aktiwiteite uitgeblink.
Leerders van die Laer Volkskool het die afgelope tyd hul talente laat geld.
Verskeie landloopatlete het aan die Sedibeng D7-kampioenskappe deelgeneem.
Die volgende atlete het elkeen onder die top ses in hulle verskeie afdelings geëindig: Steph Pretorius (o8), Liané Smook (o8), Sebastian Martin (o8), Klarabelle Coetzee (o9), Zara-Jane van Niekerk (o9), Christiaan Lewis (o10), Rowan Bolton (o10), Ruben de Klerk (o10) en Adriaan Coetzee (o12).

Die atlete vanaf o9 en ouer neem op 2 September aan die Gauteng Kampioenskappe deel.
Die skool se spreekkoor het ook hul kant gebring en tydens die Heidelberg Eisteddfod twee diplomas met hulle groep gedigte verower.
Nickus Kruger het aan ‘n wiskunde olimpiade deelgeneem en ‘n trofee en brons medalje in die Abakus Wiskunde Gauteng-kompetisie verower.

Nickus het teen altesaam 386 ander deelnemers in die kompetisie deelgeneem.



