Local news

Lentemark verskaf groot genot

Die jaarlikse lentefees is deur die inwoners en besoekers geniet.

Inwoners van die Suikerbos Aftreeoord het hulle jaarlikse lentefees op 7 Oktober aangebied.

Daar was deurentyd ‘n goeie toeloop van besoekers wat die verskillende tafels besoek en ruim ondersteun het.

Daar was te kus en te keur aan lekker eetgoed, kos, poedings, foto geleenthede, gesigverf, oudhede, klere, tuisgemaakte goedere, leer artikels, handsakke. masserings en nog meer.

Musiek was verskaf deur die Suikerbos Boereorkes en daar was ook mense wat die winter spinnerakke met ‘n dansnommer of twee afgeskud het.

Kiara en Karli Potgieter se gesigde was geverf.
Denton Venter, Trudie Kruger en Marietjie Marais het die dag geniet.
Daphne Greyling en Jenny Naudé by hulle klere stalletjie.
Pieter van der Wath en Marie Bester dans op die maat van die Suikerbos Boere Orkes.
Marlene en Chris Louw by hulle stalletjie.
Anja Jordaan, Ansie de Beer, Trudie Kruger en Lizette Venter by hulle tafel wat gekreun het onder heerlike gebak.
Marietjie en Danie Marais.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button