Local news

Nigel VLU geniet vrolike vergadering

Die lede het 'n propvol vergadering saam geniet.

Lede van die Nigel VLU het op 12 Oktober ‘n vrolike vergadering geniet.

Die vergadering was propvol met sowat 22 lede en 18 gaste wat die oggend saam geniet het.

Gasvrou Hettie Botha het die tak meer vertel oor Dina Botha, die Afrikaanse skrywer en het ook ‘n voorlesing gedoen uit een van haar boeke.

Met die studierigting van die oggend as gemeenskapsbewustheid, het Tonien Botha inligting gedeel oor die persoonlikheid van die jaar, Dr Imtiaz Sooliman van Gift of the Givers.

Tydens die vergadering het die gasspreker van die oggend, Adelé Horn (ook ‘n lid van die VLU Carpediem tak) oor die onderwerp ‘Herontwerp jou Toekoms’ gesels.

‘n Kers ter nagedagtenis aan jarelange lid van die tak, Lettie Roos is tydens die vergadering aangesteek.

Die tak het ook ‘n kers ter nagedagtenis aan Lettie Roos aangesteek.

Roos, wat vroeër die maand oorlede is, was vir sowat sewe jaar ‘n lid van die tak en sou op 15 Oktober haar 72ste verjaardag vier.

Die tak se volgende vergadering sal op 9 November plaasvind.

Vir meer inligting oor die tak of om aan te sluit, kontak Anna-Marie Axer (voositter) by 082 886 2002 of vir Elsa Greyling by 083 703 1763.

Related Articles

 
Back to top button