Hengelklub geniet viswaters
Die lede het die naweek van 7 en 8 Oktober by Miemiesdal geniet.
Lede van die Balfour Hengelklub het oor die naweek van 7 en 8 Oktober hul maandelikse kompetisie by Miemiesdal geniet.
Sowat 22 lede het aan die maandelikse kompetisie deelgeneem en ‘n totaal van 652 visse (348.634kg) is gevang.
Die wenners van die kompetisie was soos volg (plekke word van eerste tot derde aangedui):
Senior mans:
• Bennie Kriel het ‘n totaal van 65 vis uit die water katrol met ‘n totale gewig van 61.612kg
• Jaco Nel het sowat 52 visse gevang met ‘n totale gewig van 30.875kg
• Lukas Stoltz het 57 vis uit die water katrol (25.664kg).

Vroue wenners:
• Darell Roos het ‘n totaal van 36 vis gevang wat ‘n totale gewig van 15.128kg geweeg het.
• Ingrid Kriel het 32 visse uit die water katrol (14.344kg).
• Deidre Nel het sowat 23 visse gevang (13.935kg).

Junior wenners:
• Anthony Muller het 17 visse (13.548kg) gedurende die kompetisie gevang.
• Jayden Nolte het 16 visse gevang wat ‘n totaal van 7.562kg geweeg het.
• Kallie Kriel het sowat 15 visse (8.450kg) uit die water katrol.

Gedurende die kompetisie het die volgende lede ook die swaarste visse in verskeie kategorieë gevang:
Bennie Kriel het die swaarste karp (3.332kg) gevang.
Frikkie Nel het die swaarste graskarp (5.275kg) uit die water katrol.
Dirk Roos het die swaarste moddervis (1.189kg) gevang.
Irma Storbeck het die swaarste baber (8.405kg) uit die water katrol.
Die klub se volgende kompetisie sal op 4 November by Rooibult langs die Vaaldam plaasvind.
Vir meer inligting, kontak Stoltz by 084 757 6058 of vir Bennie Kriel by 079 888 6052.




