Local news

Balfour laat die paaltjies tuimel

Laerskool Skukuza is vir 40 lopies uitgeboul.

Die Balfour Gekombineerde Skool Laerskool eerste krieketspan het in die Mpumalanga liga finaal teen Laerskool Skukuza te staan gekom.

Balfour Gekombineerde skool het eerste gekolf en het 229 vir twee paaltjies in 25 boulbeurte aangeteken.

Balfour se top kolwers was Jaco Saunders 94 (nie uit nie), Regard le Roux 49 en Levin le Roux 28.

Laerskool Skukuza is vir 40 lopies uitgeboul.

Balfour se beste boulers was Nico Rossouw vier paaltjies vir een (behaal ‘n driekuns), Jaco Saunders drie paaltjies vir 11, Tegan Burger een paaltjie vir ses en Riaan Steyn een paaltjie vir sewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button