Local newsSport
Heidelberg krieketwedstryd eindig onbeslis
Daar was 'n onbesliste uitslag as gevolg van swak weer.

Die Heidelberg Krieketklub het op 28 Januarie teen Alexandra in die Premier B-liga te staan gekom.
Die wedstryd is op Heidelberg se velde gespeel en het onbeslis geëindig as gevolg van weerlig.
Die krieketklub bestaan tans uit spelers van beide Heidelberg asook Meyerton.
Heidelberg het eerste gekolf en het ‘n goeie 300/5 in 60 boulbeurte behaal.
Alexandra het gesukkel met die kolfwerk en was gelukkig toe spel afgelas was as gevolg van weerlig en swak weer.
Alexandra se telling was 127/7.
Die verkorte telkaart aan Heidelberg is: Neil Erasmus 72, Johan Wessel 54, Charl Penning 54, Wikus Botha 36 en Dwayne Rossouw 34.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.