Gemengde welslae vir Volkskool op die krieketveld
Volkies se krieketspanne het onlangs teen twee sterk spanne te staan gekom.
Die Hoër Volkskool het die afgelope week gemengde uitslae op die krieketveld behaal.
Volkies het op 24 Januarie teen Dainfern College te staan gekom en die eerste span het met agt paaltjies gewen.
Dainfern College was almal uit vir 88 lopies en Volkskool het die teiken behaal met drie paaltjies plat.
Die beste kolwer was Maro Hartkopf met 47 nie uit nie.
Die beste boulers was Quentin Dietrechsen met 3/13 in vier beurte en Vaughn Steynvaart met 2/8 in drie beurte.
Die o15 span het ook oorwinning gesmaak en met 138 lopies teen Dainfern College gewen.
Die beste kolwers was Connor Cannon met 76 lopies en Stiaan van Rooyen met 67 lopies.
Die beste boulers was Christo Dietrechsen met vier paaltjies, wat ‘n driekuns ingesluit.
Op 26 Januarie het Die Volkskool teen HTS Middelburg te staan gekom.
Die eerste span het vasgeval en met 38 lopies verloor.
Spelers wat die beste gevaar het was Matthew Wentzel met 50 lopies en Jaco Botha met 4/33 lopies in 10 beurte.
Die o15 span moes ook die knie buig met drie paaltjies.
Kehan Baird het 3/31 in agt beurte platgetrek.