Local newsSport

President Liga wag vir plaaslike rugbyspanne

'n Opwindende rugby seisoen lê voor.

Twee plaaslike rugbyspanne, Nigel- en die Heidelberg Rugbyklubs neem vanjaar aan die President Liga rugbyreeks deel.

Die liga begin op 6 April waar Heidelberg in ‘n weg wedstryd sal speel terwyl Nigel ‘n tuis wedstryd sal hê.

Beide die plaaslike spanne het taai opwarming en oefen wedstryde in die voorseisoen gehad waar daar aan wedstrydplanne geskaaf was om die beste uit beide spanne te kry.

Die President Beker gaan oor vier weke beslis word waarna die Merlin Beker, waarin beide spanne ook sal meeding, ‘n aanvang sal neem.

Nigel speel in hulle eerste President Beker wedstryd teen Elsburg en Heidelberg sal teen East Rand United te staan kom.

Daar wag opwindende wedstryde vir plaaslike rugby geesdriftiges vir die ligas en toernooie wat die seisoen gespeel gaan word.

Heidelberg se span op die aanval in ‘n wedstryd wat onlangs teen ERU plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button