Local news

OPVOLG: Verdagte in hegtenis geneem na skietvoorval

‘n Roudiens vir Du Preez is op 6 Julie in Heidelberg gehou.

Volgens inligting is ‘n verdagte vroeër vandag (Maandag) in hegtenis geneem in verband met die voorval waar Etienne du Preez (74) op 3 Julie koelbloedig in Uckermannstraat geskiet is.

Etienne du Preez.

Du Preez is oorlede terwyl Flip Minnaar (66), wat in dieselfde voorval geskiet is, tans in die hospitaal aansterk.
Die saak word verder ondersoek.

Meer inligting sal volg sodra dit beskikbaar word.

‘n Roudiens vir du Preez is op 6 Julie in Heidelberg gehou. ‘n Volledige berig hieroor volg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button