Local news

Volkie atlete vaar goed by SAs

Christiaan Lewis het 'n eerste plek behaal tydens die kampioenskap.

Laer Volkskool atlete, Adriaan Coetzee en Christiaan Lewis het onlangs aan die SA Skole Landloop Kampioenskappe in Kimberley deelgeneem.

Christiaan Lewis (o11) het met ‘n goue medalje in ‘n naelbyt wedloop weggestap.

Adriaan Coetzee (o13) het ‘n vyfde plek in sy ouderdomsgroep losgehardloop.

Christiaan Lewis se o11 Gauteng span het ‘n brons medalje verower terwyl Adriaan Coetzee se o13 Gauteng span ‘n silwer medalje verwerf het.

Beide atlete word deur Elmien Coetzee afgerig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button