Heidelberg onderwyser ryg die onderskeidings in
In die verlede het sy ook skool gegee in die Koninkryk van Bahrein.
‘n Inwoner en onderwyser van Heidelberg laat nie gras onder haar voete groei nie.
Magriet Pretorius-Ewald (36) het haar BEd graad in Grondslag Fase Onderwys verwerf met 23 onderskeidings.
Magriet het aanvanklik na haar skool opleiding openbare betrekkinge as ‘n beroep gekies en daarna het sy versekering regte as ‘n beroep gevolg.
Die onderwysgogga het Magriet gebyt en sy het haar internasionale diploma deur Moderne Montessori ontvang invroeë kinderontwikkeling.
Tydens die onlangse studies het Magriet 38 vakke gehad wat sy moes deurwerk en het altesaam 23 onderskeidings in die vier jaar gekry wat sy gestudeer het.
“Magriet het beslis haar skoonheid van haar ma af gekry, maar verseker die brein van haar pa af gekry,” het haar pa, Willem J Pretorius geskerts.
Magriet is tans ‘n onderwyser by die Life Ministries Skool in die Heidelberg omgewing.
In die verlede het sy ook skool gegee in die Koninkryk van Bahrein.




