Local newsSport

Volkskool gaan deur na krieket finaal

Transvalia was almal vir 123 lopies uitgehaal.

Hoër Volkskool se eerste krieketspan laat almal regop sit.

Volkskool het teen Transvalia in die halfeinstryd van die Sedibeng Vaaldriehoek Hoërskole Liga te staan gekom, waar Volkskool die wedstryd op ‘n drafstap met 125 lopies gewen het.

Volkskool het in hulle kolfbeurt 248 lopies aangeteken met 10 paaltjie wat geval het. Transvalia was almal vir 123 lopies uitgehaal.

Gerrit Henken het in hierdie wedstryd sy 50ste wedstryd vir Volkskool se eerste span gespeel.

Gerrit Henken het sy 50ste wedstryd vir die eerste span gespeel.

In die proses het Gerrit uitgestaan met sy boulwerk en het vier paaltjies platgetrek vir 25 lopies in vyf boulbeurte
Albie Botha was die speler van die wedstryd. Sy boul ontleding was vyf paaltjies vir 33 lopies in sewe boulbeurte.

Albie Botha was speler van die wedstryd gewees.

Twee spelers het uitgestaan met hulle kolfwerk. Maro Hartkopf en Jaco Botha het altwee 48 lopies aangeteken.

In die finaal op 12 Oktober het Volkskool teen Dr Malan te staan kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button