So lyk die program by die Heidelberg Kwêla Makietie
Die hekke maak op1 November om 14:00 oop en die program is propvol vermaak vir jonk en oud. Saterdag maak die hekke om 9:00 oop en die feesvieringe sal voortgaan tot laat Saterdagaand saam met Jo Black wat vanaf 21:00 sal optree.
Heidelberg is reg vir die grootste makietie van die jaar!
Die opgewondenheid en geesdrif in die dorp is aansteeklik. Dìt is Heidelberg op sy beste want die gemeenskap sien uit na ‘n onvergeetlike fees op 1 en 2 November by die Unie sportvelde om die titel van Kwêla Dorp van die Jaar te vier.
Hier is wat besoekers kan verwag:
Die feesviering skop op 1 November om 14:00 af wanneer die hekke open.
Die program vir Vrydag:
14:15: Die ATKV se produksie Dinosaurusse kan nie lees nie
15:00: Rommelrevolusie mode vertoning
16:00: Talent Moment – Leerders van Hoër Volkskool wat aan Vink Nes deelgeneem het se bestes word aangewys.
17:00: G$T
18: 00: Bobby van Jaersveld
19:00: Bloumoord
20:00: Zaan Sonnekus
21:00: Francois van Coke
Die program vir Saterdag:
09:00: Hekke open
10:00: Mej Heidelberg Hope
11:00: Volkies Drama Klub
11:30: Pink Hope Derby
12:30: Generation Dance
13:00: Groot Kwagga Berg Burger uitdaging
13:30: Veiling – Kuns Dromme
14:00: Vlerke sonder Grense
13:30: Touch of Class
18:00: Auto City Cares Voertuig trekking
18:15: Lone Dalhouzie
19:00: Pieter Koen
20:00: Eloff
21:00: Jo Black
Dié wat Heidelberg uit die lug wil sien, kan ‘n lugballon rit bespreek vir vanaf 15:00 Saterdag. Daar is beperkte ritte en sal afhang van die weertoestande.
Die omheinde kinder speelarea wat deur Pienkie Ponkie Kleuterskool behartig sal word, bied ‘n veilige plek vir kinders om te speel terwyl die ouers ‘n draai by die bier- of gin tent wil maak.
Kaartjiepryse:
Volwassenes R140 per dag of R250 vir ‘n naweekkaartjie
Kinders (ses tot 17) R80 per dag of R140 vir ‘n naweekkaartjie
Kinders onder 6 is gratis.
Kaartjies is te koop by Webtickets of by die hekke.
Volg die webtuiste of kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205 vir meer inligting.



