Spelers woeker by rolbal besigheidsliga
Die finale wedstryde word op 24 Oktober gespeel waar elke span hulle laaste twee wedstryde sal speel.
Die lente rolbal besigheidsliga is besig om einde se kant toe te staan.
Gedurende die tweede week van die toernooi het die spanne mekaar goed opgedreun.
Die voorlopers tans is Jetour met 12 punte gevolg deur Freestock en MMG Ford met nege punte elk.
Die top “toucher” is Kallie van der Merwe van Agronamic met agt touchers met Paul Roderys van AutoCity Nigel met sewe kort op sy hakke.
Daarna volg Stefan van Rooyen, Garth Norris en Dirk Swart elk met ses “touchers”.
Daar was tot dusvêr al 88 “touchers” in die toernooi.
Die finale wedstryde word op 24 Oktober gespeel waar elke span hulle laaste twee wedstryde sal speel.
Die liga vind by Heidelberg Rolbalklub plaas.




