Local newsSport

Volkies se jaarlikse wedywering sluit op ‘n hoogtepunt af

Gesonde kompetisie deur die skool se leerders is deel van hul skool kultuur.

Die jaarlikse interne kompetisie by die Hoër Volkskool om te beslis wie koning kraai tussen die koshuis inwoners (Brakke) en die dorp se leerders (Brakke) het weereens gewys hoe gesond die kultuur en wedywering by die skool is.

Daar is met mag en mening aan verskeie sportsoorte deelgeneem en nie een van die spanne wou graag aan die verloorkant staan nie.

Die Brakke-span kon nie op die tennisbaan geklop word nie.

Die Dorp-span het koning gekraai in atletiek, netbal, meisies- en seuns hokkie asook skaak.

Die Brakke-span het weer hul staal getoon in swem, golf, tennis en krieket.

Die Dorp-span het die seuns hokkie wedstryd in hul guns beklink.

Dit het alles afgewentel tot op die laaste item, wat die rugby was.

’n Vasbeslote Brakke-span het gewys wat hulle steek en het as oorwinnaars van die veld gestap.

Die Brakke het die krieket kragmeting gewen.

Na al die kragmetings en met die stand van die punte was die Brakke en die Dorp gelykop met vyf punte elk.

Na al die wedywering deur die jaar is die Dorp-span egter as wenners gekroon weens die feit dat hulle die kultuurbeker ook opgeraap het.

Die Dorp-span het die meisies hokkie wedstryd gewen.
Die Brakke se rugbyspan na hul oorwinning.
Die Brakke se gholfspan het ook oorwinning gesmaak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button