
HEIDELBERG
1 tot 2 November
Heidelberg Hoop saam met die span van Kwêla reël die groot makietie om die titel as Dorp van die jaar te vier.
Top Suid-Afrikaanse kunstenaars en van Kyknet se akteurs sal deel maak van die makietie asook meer as 300 snuffelstalletjies. Inskrywings vir Mej Heidelberg Hoop, Pink Hope Derby, Rommelrevolusie modevertoning en die Groot Kwagga Berg Burger kompetisie is oop.
Die makietie vind plaas by die Unie sportvelde. Kaartjies is te koop by webtickets of by die hekke. Volg die sosiale media blad van Heidelberg Hoop of kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205 vir meer inligting.
8 November
Opening van VLU Rensburg en Helpende Hand se koffie-en geskenkwinkel, Ladi Koffi by die Heidelberg Forum gebou in Voortrekkerstraat. Die dag sal ook ‘n pensioenaris dag wees waar almal bo 60 ‘n ete en nagereg met ‘n koppie koffie kan geniet teen slegs R55. Ete is van 11:00 tot 14:00. Kontak Marty Jerling by 082 465 9343 vir meer inligting.
Weekliks:
• Heidelberg Hope het verskeie skoonmaak groepe in die voorstede van Heidelberg wat weekliks sorg vir die skoonmaak van die omgewing. Om betrokke te raak of by enige van die WhatsApp groepe aan te sluit, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205.
• Die Silveroaks parkrun vind elke Saterdag om 08:00 by Houtpoort 392, Heidelberg plaas. Drawwers en stappers word uitgenooi om die 5km roete saam met die gemeenskap te geniet. Vir meer inligting, besoek die Silveroaks parkrun Facebookblad.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke Donderdag om 9:40 ‘n Bingo oggend vir die afgetredenes. Vir meer inligting kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord hou elke eerste Vrydag van die maand ‘n pannekoek fondsinsameling. Indien enige persone wil help kan hulle Marthie Greyling by 084 548 2665 kontak. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord oefen elke Dinsdag middag om 14:00 sang in die saal. Almal wat hou van sing word genooi om te kom saam sing en vir die lente optrede te oefen. Vir meer inligting, kontak Marlene Walkden by 079 974 7221.
• Die Suikerbos Aftreeoord kliniek bied elke Woensdag vanaf 11:00 tot 13:00 verskeie noodsaaklike dienste aan die gemeenskap. Die kliniek is by Freemanstraat 2. Kontak die kliniek by 016 349 5180 vir besprekings asook koste navrae.
NIGEL
2 November
The Friends of Marievale will host a Fun Bowls Day at the Nigel Bowls club 9:30 for 10:00. R100 per player includes light lunch. Beginners welcome and bowls will be supplied. WhatsApp teams of 4 to Jenny 083 499 0548 or Dee 073 501 6333 or email to friendsofmarievale@gmail.com Spectators R65 for lunch. All funds raised go to upgrading facilities at Marievale Nature Reserve. For more information, contact Dee Johnson at 073 501 6333.
3 November
‘n Verootmoedigingsdiens word om 9:00 by die kerkgebou van die Aquilla AGS kerk in Visagiepark geou. Almal is welkom. Al die kerkklokke in Nigel sal elke Woensdag om 12:00 lui om almal op te roep tot verootmoediging.
16 November
The Nigel Community Church is having its fundraiser golf day at Heidelberg Golf Club from 8:00. Sponsors are welcome—elevate your brand and support a worthy cause. R2 000 per four-ball; R2 500 per four-ball and hole sponsor. Contact Quintin at 082 993 5315, JP at 072 279 1957, or Nigelcommunitychurch@gmail.com.
29 November
The Nigel Community Church is having their night market at John Vorster School sport grounds from 16:00. A 3,2km Neon Glow Fun Run starts at 18h30. Early bird registration for adults is R40; children R25; pets R15.
Registration on 29 November costs adult R50; children R30; pets R20. Pet proceeds will go to the Nigel SPCA. Free entrance. Inside Parking available at R10 per vehicle. Contact church office on 066 569 8345. For stall bookings contact Earth Owl on 060 482 1280 or 063 062 1091.
22 November
Die NG Moedergemeente, Nigel bied hul Kers-, Vers- en Melodieaand aan om 18:30. Johan Swanepoel is die gaskunstenaar en dit beloof om ‘n uitmuntende aanbieding te wees. ’n Heerlike ete vanaf 16:30 sal die geleentheid afskop en etekaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor, by Kerkstraat 94 , Nigel gedurende kantoorure (Maandae tot Vrydae vanaf 08:15 tot 12:30). Gaste kan ook kies om net die vertoning by te woon. Vir navrae of besprekings, skakel Ansa Kuter by 069 458 2235 of laat ‘n WhatsApp boodskap.
30 November
Mr and Miss America Star competition will take place at Tini Vorster primary school in Nigel. Registration starts at 10:00. R250 pageant entry fee. For spectators, the entrance fee is R20. Pageant competition will start at 11:00. Competition is a fundraiser for Carisa Botes who has been scouted as one of the models to represent South Africa in America in 2025.
5 tot 7 Desember
NG Kerk Nigel Oos gemeente hou ‘n Kersmark en is opsoek na uitstallers. Om jou stalletjie betyds te bespreek, kontak Maryke Jonker by 061 507 5071.
Weekliks:
• Nigel Clean-Up het verskeie skoonmaak projekte deur die week en oor naweke om te sorg dat die dorp skoon en netjies bly. Om betrokke te raak kontak Ilze Willemse by 079 850 4791
• Springs/Nigel Wessa branch and Friends of Marievale Nature Reserve are meeting every second Saturday of the month at 9:00 at the Conference centre at Marievale Nature Reserve. Contact Justin Donaldson at 072 373 7151 or Dee Johnson at 073 501 6333.
Beplan jy ‘n geleentheid, fondsinsameling of ‘n funksie? Ons plaas dit gratis. Stuur volledige besonderhede na letitiav@caxton.co.za of WhatsApp na 066 214 1913.



