Driesa Steyn en Simoné Stimie sê hulle is trotse Heidelbergers en gaan verseker nie die makietie misloop nie.
Die gemeenskap van Heidelberg deel hul opwinding oor die makietie om die titel as Dorp van die Jaar te vier.
Jakes Sandilands (64) lag heerlik want hy het nog nooit in hoë hakke gehardloop nie maar is in vir die uitdaging.
Cornie Janse van Rensburg en Amre Coetzee sien die meeste uit na die kruistog op Sondag.
Trudie Gouws sê sy gaan die makietie bywoon want daar is baie om te doen en mense om te ontmoet.
Pieter Koen wat 1 November om 19:00 gaan optree het laat weet dat hy baie uitsien om weer saam met die mense van Heidelberg tydens die makietie te kuier.
Tiger Visser bly vir meer as 30 jaar in Heidelberg en is baie trots dat Heidelberg die Dorp van die Jaar titel gewen het. Hy sien uit na die hele makietie om die gesogde titel te vier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!