Local news

Koffiewinkel is werkskeppingsprojek van VLU Rensburg en Helpende Hand

Die Ladi Koffi Winkel beloof om 'n koffie winkel met 'n verskil te wees waar behoeftige kinders en bejaardes gehelp kan word.

Die Vroue Landou Unie, Rensburg-tak en Helpende Hand het hande geneem en ‘n platform gestig om vir vroue te help om handgemaakte artikels, gebak, of wat hulle dink sal verkoop, op ‘n rak te sit.

En so is ‘n werkskepping projek gestig. ‘n Koffie winkel met ‘n verskil.

Ladi Koffi is geleë te Pretoriusstraat 52 in die Heidelberg Forum gebou waar die Wolmandjie voorheen was.

Die vroue staan reg om hulle vernuf te wys en beplan verskeie werkswinkels, praatjies en gesellighede vir die jaar.

Die rooster vir November en Desember sien so daarna uit:

• 8 November:

Opening en pensioenarisdag waar almal wat bo 60 is ‘n ete en nagereg met ‘n koppie tee of koffie kan geniet vir R55 per persoon. Die ete is van 11:00 tot 14:00 en vooraf reëlings is noodsaaklik.

• 14 November:

Leer om jou eie oogskadu te maak en meng. Die klas begin 10:00. Koste is R100 per persoon en sluit ‘n ligte maaltyd en koffie asook die hulpmiddels in. Bespreek voor 13 November.

• 21 November:

Daar sal partytjie gehou word wat om 10:00 begin. Elkeen wat wil bywoon moet ‘n geskenkie van skryfbehoeftes vir ‘n behoeftige kind bring. Vingeretes, koffie en tee teen R50 per persoon. Almal word uitgenooi om die dag te ondersteun ten bate van behoeftige kinders. Die partytjie beloof om elkeen terug te voer na hul eie partytjies as kind.

• 26 November:

Insiggewende praatjie oor Wat maak ek met ouma se hekel lappies? Begin om 10:00. Bespreek vooraf.

• 29 November:

Pensioenarisdag ete vir R55 vanaf 11:00 tot 14:00. Bespreek vooraf.

• 6 Desember:

Pensioenarisdag ete vir R55 vanaf 11:00 tot 14:00. Bespreek vooraf.

• 10 Desember:

Kerswerkswinkel om 10:00, waar daar geleer gaan word hoe om items vir Kersfees te maak. R100 per persoon. Bespreek vooraf.

• 19 Desember:

Partytjie dag. Word terug gevoer na die die tyd toe daar nog huis partytjies was. Alle geskenke gaan vir die ou mense. (Sepie, lekkerruik-item, lyfroom, eethappies). Begin om 10:00.

Klein funksies of partytjies kan ook bespreek word en die vroue sal help om die dag spesiaal te maak.

Ladi Koffi is Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 17:00 oop, Saterdae van 08:00 tot 14:00 en slegs sekere dae op Sondae.

Vir meer inligting kan Marty Jerling by 082 465 9343 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button