Local news

Potte prut tydens potjiekos kompetisie by PPK Nigel

Pastoor paar Danie en Poppedyn het elkeen bedank wat bygedra het tot die sukses van die dag.

Die potte het behoorlik geprut tydens die PPK Nigel se potjiekos kompetisie, wat op 26 Oktober gehou is.

Die kompetisie was deel van die kerk se fondsinsamelings projekte vir die jaar en het plaasgevind op die kerk se grasperk.

Die pastoorpaar Danie en Poppedyn Hartzer van die PPK Kerk in Nigel. Poppedyn het ‘n poeding-pot gemaak.

‘n Skaapskenkel, beesstert, beesnek, vark, hoender en biltong potte het geprut en die geurige reuke het tot ver getrek.

Vir nagereg was daar ‘n poedingpot en terwyl potte geprut het, kon daar aan vars gebakte pannekoek gesmul word.

Martie du Preez was een van die beoordelaars.

Danie en Poppedyn Hartzer wat vir die afgelope 23 jaar leraars by die gemeente is, het hul dankbaarheid uitgespreek teenoor elkeen wat deelgeneem het en bygedra het tot die dag se sukses.

Danie Hartzer (junior) en sy ma Dalene was die potjie wenners met hul biltong pot.

Die potjie koning was Danie Hartzer (junior) met sy biltong pot.

Kobus Loots het ‘n skaapskenkel pot aan die kook gekry.

Potte was beoordeel deur die Koegelenberg egpaar, Martie du Preez en Joost en Ina Hogewoning.

Sarie Cronje en haar ma, het ‘n hoenderpot laat prut.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button