Mej Heidelberg Hoop word tydens die makietie gekroon
Die top tien vir Mej Heidelberg Hoop is bekend gemaak.
Die 10 finaliste vir Mej Heidelberg Hoop het onlangs moue opgerol en aan die werk gespring.
Een van die vereistes van Mej Heidelberg Hoop is om gemeenskapsdiens te doen.
Die meisies het op 26 Oktober gewys dat hulle nie skaam is om hande vuil te maak nie en het by die Bakoond Parkie in Fenterstraat bymekaar gekom om vullis op te tel.
Uit die 17 semi-finaliste is daar ‘n top 10 gekies wat sal meeding vir die Mej Heidelberg Hoop kroon.
Die wenner sal wegstap met groot pryse waarvan een ‘n kontant prys van R5000 is.
Mej Heidelberg Hoop sal op 2 November om 10:00 tydens die Heidelberg Kwêla Makietie bekend gemaak word.

Die top 10 wat sal meeding vir die kroon is Leané Coetzee, Carisa Botes, Shané Maloney, Marizelle Venter, Chanlé Marais, Desiree Dreyer, Rochelle Jonck, Savanna Greeff, Telisa van Heerden en Ellie du Toit.
Vir meer inligting oor die makietie, kontak Nicolene Neveling by 072 840 0205 of volg Heidelberg Kwêla Makietie op sosiale media.



