Local news

Makietie-gees volop in Heidelberg om Kwêla Dorp van die Jaar te vier

Pienkie Ponkie bied ‘n oppasser-diens aan vir 3 tot 6 jariges. Kleuters word ingeboek teen R80 per uur of R120 per uur vir die oppasser-diens en pretpark.

Makietie-gees loop volop in Heidelberg om Kwêla Dorp van die Jaar te vier.

Daar heers groot opwinding in Heidelberg soos wat die gemeenskap voorberei vir die fees wat vandag en môre (1 en 2 November) by die Unie sportvelde gaan plaasvind.

Tente is opgerig vir uitstallers, die pretpark en speel area vir die kinders is reg en die verhoog is gereed vir die optrede van sommige van Suid-Afrika se top kunstenaars.

Jo Black, Francois van Coke, Zaan Sonnekus, Eloff en Bobby van Jaarsveld is van die talentvolle kunstenaars wat verwag kan word.

Makietie-gangers kan ook uitsien na ‘n paar sepiesterre van onder andere Binnelanders, Diepe Waters en Suidooster.

Almal is vol verwagting vir die groot aankondiging van die eerste Mej Heidelberg Hoop en sien uit na die aktiwiteite wat vir oud en jonk hope pret en vermaak gaan verskaf.

Uitstallers, kosstalletjies vir elkeen se smaak, lugballon ritte en kompetisies met groot pryse is waarna makietie-gangers kan uitsien.

Kleuter-ouers kan met gerustheid die makietie geniet terwyl hul kinders deur die bekwame personeel van Pienkie Ponkie kleuterskool vermaak en versorg sal word.

Pienkie Ponkie bied ‘n oppasser-diens aan vir drie tot ses-jariges.

Kleuters word ingeboek teen R80 per uur of R120 per uur vir die oppasser-diens en pretpark.

Vir meer inligting oor die diens kontak Adele by 071 362 2181.

Die dorp se gees en opwinding kan om elke hoek en draai gevoel word.

Kaartjies is by die hekke beskikbaar sowel as op Webtickets.

Hekke open vandag (Vrydag) om 14:00 en môre Saterdag om 09:00.

Die program vir die Heidelberg Kwêla makietie die naweek (1 en 2 Novmeber).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button