Voortrekkers plant groente by kinderhuis
Tydens die uitsappie het die kinders geleer oor van die kodes van die Voortrekkers naamlik hulp en diensbaarheid in die gemeenskap.
Voortrekker ouers en leerders van grade een, twee, vier en vyf het onlangs hul diensbaarheid gewys teenoor die gemeenskap en groente by Shalom Children’s Ministries geplant.
Hulle het boontjies, kool, tamaties, spinasie en ander plantjies vir Shalom geskenk en gehelp plant nadat daar beddings gemaak is.
Een van die Voortrekker ouers het ook aangebied om ‘n besproeingstelsel aan te lĂȘ.

Die groente sal hoofsaaklik gebruik word vir die 50 kinders wat tans by Shalom Children’s Ministries woon en versorg word.
Die Voortrekker-groep het meer geleer oor gemeenskapsdiens en barmhartigheid asook van die kodes van die Voortrekker beweging naamlik respek, waardering en bewaring vir die omgewing, om leiding te neem, oplettend en weerbaar te wees, hoe om te help en diensbaar teenoor die gemeenskap te wees.




