Local newsSchools

Volkie ruiters is SANESA wenners

Die ruiters mag maar trots in die saal sit.

Die ruiterspan van die Hoër Volkskool het die SANESA trofee ontvang vir die beste skoolspan in die Sedibengstreek vir kategorie F.

Hierdie kategorie word bepaal deur die aantal ruiter en perd kombinasies en die skool se ruiterspan wat die meeste punte gesamentlik behaal het.

Volkskool Heidelberg het derde plek behaal by die Saddleseat National en is ook die Gauteng span wat die beste gedoen het tydens die SANESA Saddleseat National.

Die span bestaan uit Leanè Pienaar, Shannon Oberholzer, Kayla Strauss, Lalie van der Merwe, Lenya Price, Jana Potgieter, Casey-Leigh Smit, Anne-Rete le Roux, Thiane Hall en Mienke le Roux.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button