Local news

Dorp van die jaar is behoorlik gevier

Shané Maloney is tydens die makietie as die eerste Mej Heidelberg Hope gekroon. Sy het ook die Pink Hope Derby gewen waar daar met hakskoene 'n 75m wedloop gehardloop is.

Die naweek van1 en 2 November) was gevul met pret, vertonings, kompetisies en top kunstenaars wat opgetree het tydens die Heidelberg Kwêla Makietie om die Dorp van die Jaar te vier.

Nadat die hekke geopen het om 14:00 Vrydag het die makietie afgeskop met ‘n ATKV vertoning van Dinosaurusse kan nie lees nie, ‘n produksie wat die belangrikheid van lees vir kinders uitbeeld.

Groot verbeelding en inisiatief is ten toon gestel Vrydag middag tydens die Rommelrevolusie modeparade waar deelnemers ‘n uitrusting met herwinbare materiaal moes maak.

Busiswe Ndlovu was aangewys as die mees kreatiefste, Cara van der Merwe was die persoonlikheidswenner en die algehele Rommelrevolusie titel het aan Ruben van Rooyen gegaan, met sy uitrusting wat soos ‘n asblik gelyk het.

Deelnemers aan die Rommelrevolusie mode vertoning wat duer Sandra Taljaard van Style International gereêl is.

Na die Rommelrevolusie het plaaslike talent ‘n kans gekry om hul talente ten toon te stel tydens Talent Moment.Benjamin Bezuidenhout het gewen met sy kitaar en sang items. In tweede plek was Duzi Skosana en JV Badella met ‘n Snotkop liedjie Dis ‘n land.

Die groot Kwagga Berg Burger kampioen was Marko Bezuidenhout (regs). Die kompetisie was geborg deur Grill King Heidelberg en geinspireer deur Klein Kwagga (middel) en links is JJ Theron wat derde plek behaal het.

In die derde plek was dit Sharelle Taylor en Simoné Diedericks met Always Remember us this way en in die vierde plek was dit Lolla en Annecke Els met hul kontemporêre ballet item.

G ‘n T, Bobby van Jaarsveld, Bloumoord en Zaan Sonnekus was van die kunstenaars wat Vrydag opgetree het en die aand was afgesluit deur die bekende stem van Francois van Coke.

G ‘n T op die verhoog tydens die makietie.

Die eerste item op die program vir Saterdag was die kroning van Mej Heidelberg Hope.

Die tien finaliste het kans gehad om hulself voor te stel en moes ook noem watter liefdadigheid organisasie hul as Mej Heidelberg Hope sal ondersteun.

Feesgangers het nie geskroom vir ‘n foto geleentheid saam met kykNET se sepie-sterre nie. Hier is Karen Roux saam met Caleb Swanepoel wat die rol van Lucas du Preez in Diepe Waters speel.

Kate Roothman (Dr Nicolette Nortje) en Marlee van der Merwe (Marissa en Ella) was die twee sepie-sterre van kykNET se program Binnelanders wat as mede seremoniemeesters die verrigtinge gelei het. Nog twee sepie sterre van Diepe Waters Marijke Coetser (Rene du Preez) en Caleb Swanepoel (Lucas du Preez) was deel van die beoordelaarspan.

Shané Maloney (20) is gekroon as die eerste Mej Heidelberg Hope. Chanlè Marais is die eerste prinses en Telisa van Heerden het haar plek as tweede prinses ingeneem.

Bobby van Jaarsveld was een van die sangers wat gesorg het vir vermaak Vrydagaand.

Mej Heidelberg Hope het weggestap met ‘n hand vol pryse.

Maloney het gewys dat sy nie net op die verhoog met hoë hakke kan loop nie maar ook ‘n 75m wedloop kan hardloop met hakke en was die dames wenner van die Pink Hope Derby.

Die mans wenner was Jonty Shelton wat in hoë hakke hom goed van sy taak gekwyt het.  Maloney en Shelton moes teen mekaar hardloop in die eind ronde en aangesien die Pink Hope Derby soveel energie en pret versorg het en ook omdat dit vir ‘n goeie doel gedoen was, het Ross Volk van MSC Cruises besluit om vir albei ‘n MSC bootris as prys te gee.

Net voor die Pink Hope Derby het Volkies se drama klas opgetree. Generation Dance het hul dans vernuf gewys en daarna was dit tyd vir die Groot Kwagga Berg Burger uitdaging. Die uitdaging is geborg deur Grill King Heidelberg wat bekend is vir hul massiewe burgers.

Stappers wat Sondag na die kruis op die Heidelberg koppie gestap het as deel van die jaarlikse kruistog. Die kruistog was ook die amptelike afsluiting van die Heidelberg Kwêla makietie naweek.

Die wenner wat Grill King se monster burger van 1.4kg en ‘n 500ml bier onder 8 minute kon verorber was Marko Bezuidenhout.

Die makietie het voort gegaan met onder andere ‘n veiling van kuns dromme, Lesedi Care Centre se Western Race 4 Hope, die Auto City Cares voertuig trekking, optredes van Loné Dalhouzie, Touch of Class, Pieter Koen en Eloff terwyl kinders by die pretpark kon baljaar, feesgangers ‘n ballon rit kon beleef en snuffelstalleties, eetstalltetjies en motorhandelaars wat die nuutse motors op die mark uitgestal het kon besoek. Saterdagaand se vieringe is deur die diep stem van Jo Black afgesluit.

Die makietie is Sondagoggend op gepaste wyse afgesluit met die kruistog en ‘n massa buitelug eredies gelei deur Quinten Schimper van die NG Kerk Rensburg.

Shané Maloney (20) is gekroon as die eerste Mej Heidelberg Hope. Chanlè Marais (links) was die eerste prinses en Telisa van Heerden (regs) het haar plek as tweede prinses ingeneem.

Die kruistog vind jaarliks plaas en dien as ‘n uitbeelding van Jesus se stap na die kruis. Stappers het om 8:00 bymekaargekom en vir die wat nie wou stap nie, was daar vervoer na die koppie toe.

Op pad na die kruis was daar sewe gebedstasies wat die sewe kruiswoorde van Jesus beskryf het. Schimper het die diens op die koppie gelei en Judith Kea het die lofsang gelei.

Die span van Heidelberg Hope het hard agter die skerms gewerk om die makietie te reël. Sandra Taljaard en Ashleigh Labuschagne van Style Challenge International het ook hul tyd en toewyding gegee om seker te maak daar was iets vir jonk en oud. Taljaard was verantwoordelik vir die ATKV produksie Dinosaurusse kan nie lees nie, die Rommelrevolusie mode-vertoning, Mej Heidelberg Hope asook die Pink Hope Derby onder andere.

Heidelbergers het behoorlik die titel van Kwêla Dorp van die jaar gevier en sien uit na die volgende makietie.

Quinten Schimper van die NG Kerk Rensburg het die diens gelei by die kruis op die Heidelberg koppie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button