Local news

Ladi Koffi open in styl met vars koffie en ‘n smaaklike ete

Ladi Koffi se deure het Vrydag 10 November oop gemaak. Pragtige handgemaakte kwilt items was van die items wat reeds te koop is.

Ladi Koffi het Vrydag hul deure oopgemaak en kon reeds spog met pragtige items, heerlike koffie en middag-ete.

Patricia Meyer en Marty Jerling tydens die opening van Ladi Koffi op Vrydag 10 November.

VLU Rensburg tak en Helpende Hand se Ons Winkel het op Vrydag 10 November die deure van hul koffiewinkel, Ladi Koffi, geopen.
Ladi Koffi is ‘n koffie winkel met ‘n verskil aangesien jy nie net heerlike vars koffie en lekker kos of gebak kry nie, maar ook die handgemaakte items van die VLU dames, onder andere kan aanskou en aankoop.

Van die handgemaakte kwilt-lapwewrk wat deur die VLU dames gemaak is en te koop is.

Die winkel is ‘n werkskeppings projek wat saam met Marty Jerling van VLU Rensburg tak en Patricia Meyer van Helpende Hand se Ons Winkel tot die been gebring is.
Hulle nooi elkeen uit om te kom inloer by Ladi Koffi en die pragtige handgemaakte items van kwilt-lapwerk, gebreide items, geskenke en baie meer te aanskou.

Hul heel eerste kliënt tydens die opening was Johan Kotze van Hyper Pawn Nigel wat koperware aangekoop het.

Johan Kotze van Hyper Pawn Nigel was Ladi Koffi se heel eerste kliënt wat koperware aangekoop het.

Daar word ook vars koffie, tuisgebakte items en heerlike etes aangebied.
Ondersteun Ladi Koffi en help so ‘n behoeftige kind of bejaarde. Ladi-Koffi is geleë in die Heidelberg Forum gebou op die hoek van Voortrekker en Pretoriusstraat waar die Wolmandjie voorheen was.

Hou die Heraut kalender dop vir hul program vir November en Desember.
Kontak Marty Jerling by 082 465 9343 vir meer inligting.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button