Berge berei reeds voor vir die 2025 seisoen
Die klub nooi spelers oor die ouderdom an 20 jaar uit om by die oefeninge in te skakel.
Heidelberg Rugbyklub het reeds begin met voorbereiding vir die 2025 seisoen.
Die klub het die afgelope seisoen opgeskuif na ‘n hoër liga en het niemand in die steek gelaat nie.
Die vorige paar seisoene het Berge in die Valke Kestrel Liga gespeel waar hul laas seisoen nog die Kestrel kampioene was.
Die nuwe liga, die Merlin Liga wat sterker en meer kompeterend is, het groter uitdagings gebring wat elke speler getoets het.

Aanstaande seisoen wil Heidelberg beter vaar en verseker dat al die spelers gereed is vir die uitdagings.
Heidelberg Rugbyklub rig ‘n uitnodiging aan enige spelers van 20 jaar en ouer wat deel van die klub wil wees en saam met die klub wil groei.
Oefeninge vind tot 5 Desember elke Dinsdag en Donderdag plaas vanaf 18:30 tot 20:00 by die Hoër Volkskool se rugbyveld.
Heidelberg Rugbyklub gaan op 23 November ‘n sewes toernooi by Volkskool aanbied.



