Besoekers by die Nigel motorskou was teruggevoer na die ou dae met die nostalgie van die motors.
Spogmotors was die naweek van 2 November in oorvloed op die sportvelde van Hoërskool John Vorster tydens die jaarlikse Nigel motorskou.
Die Nigel Motorskou is ‘n jaarlikse instelling wat deur Elvin Groenewald gereël word en elkeen wat ‘n passie deel vir die nostlagie van ou motors het sy motor kom uitstal.
Daar was geen tekort aan unieke ou motors op die skou nie.
Groenewald het vertel dat dit die derde agtereenvolgende jaar is wat hy die skou in Nigel aangebied het en doen dit vir die liefde van ou motors; ‘n passie wat hy met baie mense deel.
Groenewald is dankbaar vir die plaaslike borge wat gehelp het om die fees moontlik te maak en sien uit na volgende jaar se fees.
Harry en Elane Fairley met hul 1953 Triumph TR2 het al die pad van Springs af gekom om die fees by te woon.
Willem Groenewald saam met sy seun Emanuel by hul 1988 Datsun 1400. Die bakkie is sy trots en stokperdjie.
'n Shelby Cobra op skou by Nigel.
Een van dIe oudste voertuie wat uitgestal was, 'n 1948 Chevrolet.
The Kotze by sy 1979 Ford F100. Hy is tans besig om die bakkie ten volle te restoureer.
Motorliefhebbers het hulle verstom aan die ou en versorgde motors. Heel voor staan 'n 1973 Mazda RX2 met oorspronkllike Rotary enjin.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!