Eenheid Suikerbos vier ‘n suksesvolle jaar
Eenheid Suikerbos is vereer as beste eenheid in Sektor Wilger.
Die Suid-Afrikaanse Weermag Vereniging (SAWV) se Eenheid Suikerbos se jaareind funksie het 9 November plaasgevind.
Tydens dié geleentheid het Sektor 1.4 Wilger – Eenheid Suikerbos (Heidelberg), Kliprivier (Meyerton en Kliprivier), Kiewiet (Vereeniging) en Bokmakierie (Vanderbijlpark), weggestap met verskeie toekennings, wat ook die eenheid van die jaar in die sektor insluit.
Eenheid Suikerbos het die wisseltrofee ontvang as die beste eenheid in Sektor 1.4 Wilger vir die tweede agtervolgende jaar.

In 2023, die jaar wat Eenheid Suikerbos weer op die been gebring was, het hulle die toekenning vir die eerste keer ontvang.
Ander toekennings, wat toegeken is aan die eenheid, was Ops Rooivink, onder leiding van Lydia Botha en Trudie Potgieter wie die jaarafsluiting gereël het.
Eenheid Suikerbos se projek Edelvalk is ook erken. Dit is ‘n projek vir gestremdes waar meer as 150 mense al gehelp was met ‘n waarde van meer as R650 000.
‘n Verdere toekenning is gemaak aan Projek Dwergvink.

Hierdie projek is gemik op die jeug regoor Suid-Afrika en staan onder die leiding van Willem J Pretorius en Hannes Louw. Meer as 2 000 jong mense is reeds op een of ander wyse deur die projek geraak.
Alle bestuurslede het ook sertifikate ontvang vir hulle harde werk en toewyding. Hannes Louw het die wissel trofee ontvang vir die Heidelberger wat toegewyd is vir dorpsbeskermimg.
Hannes is ‘n lid van gemeenskapspolisiëringsforum, van die Heidelberg asook die Police Stakeholders en doen gereeld diens saam met die polisie.
Die sektor en eenheid adjudant, Lydia Botha het die SAWV diensplig toekenning aan sektor lede uitgedeel.
Dié kenteken verteenwoordig die eenheid wat ‘n lid as dienspligtige voltooi het, naamlik weermag, vloot, lugmag en mediese korps.
Elke kenteken het ‘n nommer, spesiaal toegeken aan ‘n spesifieke lid.



