Local newsSport

Heidelberg Rolbalklub speel gasheer vir Ekurhuleni Liga

Gemengde uitslae vir Heidelberg rolbalspanne.

Die Heidelberg Rolbalklub het die naweek van 9 en 10 November gasheer gespeel vir Ekurhuleni Rolbal Liga wedstryde.

Die uitslae van wedstryde van 9 November is:

Heidelberg Dames spanne het beide hul wedstryde teen Edenvale en Benoni gewen.

In die EKB Mans Premier liga verloor teen Heidelberg een wedstryd en wen een wedstryd.

Die wedstryde sal aanhou tot Maart 2025 om te bepaal wie in die finale sal speel.

Die dames spanne in aksie tydens die naweek se liga.

Tydens die uitspeel wedstryde op 10 November vir die EKB viere het 10 dames spanne deelgeneem waarvan die vier top spanne na die halfeidstryd toe gaan.

In die mans afdeling was daar 14 spanne gewees waarvan die top vier spanne deurdring na die halfeindstryd.
Die plaaslike spanne het in die EKB viere rondes uitgeval.

Die halfeindtryde sal op 17 November plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button