Local news

Plaaslike model berei voor vir kompetisie in die VSA

Carisa reël tans haar eie kompetisie; Mr en Miss America Star wat op 30 November sal plaasvind.

Carisa Botes (19) werk hard aan haar droom om Suid-Afrika in 2025 te verteenwoordig by Pageant Amerika in die VSA.

Die HERAUT het in die uitgawe van 22 April berig oor Carisa, wat gekroon was as die model met die meeste potensiaal by die C & C Academy kompetisie en gekies was om Suid-Afrika te verteenwoordig by Pageant Amerika volgende jaar.

Sy het nie op haar laat wag om met fondsinsamelings projekte vir haar reis te begin nie.

Behalwe vir haar eie projekte om fondse te genereer is Carisa steeds toegewyd aan haar gemeenskap en het verskeie liefdadigheidsprojekte van stapel gestuur.

Sy het klere, komberse en nie-bederfbare kos vir kinderhuise, bejaarde sorgeenhede en diereskuilings ingesamel.

Carisa is in Oktober gerkroon as wenner van die National Face of Pageants. Sy is ook gekies as die ambassadeur, het die gemeenskapswerk afdelings gewen en het tweede gekom in die fotogeniese afdeling.

Carisa moet tydens die aanloop na Pageant America ook aan verskeie kompetisies deelneem en vaar uitstekend.

In Oktober was sy gekroon as Mej Jan se Skuld Fees en het ook die beste persoonlikheid afdeling gewen.

Sy het ook in Oktober ook deelgeneem aan National Face of Pageants waar sy as algehele wenner gekroon was, ambassadeur en gemeenskapswerk afdelings gewen en het tweede gekom in die fotogeniese afdeling. In November was Carisa deel van die top 10 finaliste vir Mej Heidelberg Hope.

Carisa Botes was in Oktober gekroon as Mej Jan se Skuld Fees. Sy het ook die persoonlikheids afdeling gewen.

Intussen is sy druk besig om haar eie kompetisie te reël, Mr en Miss America Star. Sy baie tevrede met die aantal inskrywings tot dusver.

Die kompetisie vind plaas op 30 November by Laerskool Tini Vorster en enige een is welkom om in te skryf. Inskrywings is R250 en toeskouers ingangsfooi R20 per persoon.

Carisa het ‘n hart vir die gemeenskap en het verskeie liefdadigheidsprojekte gedoen. Hier deel sy onder andere klere, rolstoele en krukke uit by Sunfield Home Fortuna.

Carisa se reis gaan nie net daaroor om aan ’n skoonheidskompetisie mee te ding nie; maar veral om haar gemeenskap te verteenwoordig en Suid-Afrika op ‘n internasionale verhoog ten toon te stel.

Met die ondersteuning van haar familie, vriende en die plaaslike gemeenskap, is Carisa vol vertroue dat sy die nodige fondse sal kan insamel om in die VSA mee te ding.

Om Carisa te help, kontak haar by 073 538 4645.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button