Heigel Fotoklub sluit hul jaar met spog foto’s af
Die klub sal weer in Januarie bymekaar kom.
Lede van die Heigel Fotoklub het op 13 November die laaste byeenkoms vir 2024 bygewoon.
Tydens die vergadering is November se ingeskrewe foto’s beoordeel en bespreek en is die wenfoto’s uit sowat 55 inskrywings aangewys.
Die tema vir November was Bokéh (kleur) en die wenners is:
Beste voorgeskrewe Bokéh (kleur): Skoonheid in dooies deur Marissa Enslin.
Die algehele wenfoto, Old but Gold, is deur Ineke Kleingeld geneem en en die beste junior foto Lost in the rhythm deur Heinrich van der Merwe vasgevang.

Die volgende bymekaarkoms sal in Januarie 2025 plaasvind.
Die tema vir Januarie is Vakansie Gees.
“Die inskrywings het deur die jaar gegroei en die kwaliteit van die foto’s het merkwaardig verbeter,” het Francois van Jaarsveld , voorsitter van die klub gesê.
“Dit is ‘n bewys dat ons lede kennis inwin die kennis prakties uitleef,” het van Jaarsveld bygevoeg.
Persone wat by die klub wil aansluit om meer inligting wil bekom kan Van Jaarsveld kontak by 083 659 9657.




