Voormalige Nigel inwoner voltooi 100ste parkrun
Peter Derksen het Saterdag 16 November sy 100ste parkrun voltooi en sy prestasie was eenlopend met die van Bruce Fordyce, president van parkrun in Suid-Afrika, wat Saterdag by die Delta Park parkrun die 1 miljoenste parkrunner in Suid-Afrika opgeteken het.
Peter Derksen (70) het op 16 November sy 100ste parkrun voltooi.
Derksen het vir 36 jaar in Nigel gewoon en nadat hy in 1999 afgetree het, homself gevestig by die see en strande van Amamzimtoti.
Derksen het nege jaar terug besluit om agter die lessenaar uit te kom en sy hart oefening te gee en geregistreer by ‘n parkrun groep.

Sedertdien hardloop hy ‘n 5km parkrun op meeste Saterdae.
Hy het reeds 94 parkruns in Amamzimtoti afgelê en het vertel dat sy beste tyd vir ‘n 5km afstand tot dusvêr 36 minute is.
Derksen kuier tans by sy kinders in Nigel en wou nie die geleentheid, om sy 100ste parkrun af te lê, misloop nie.

Bruce Fordyce het in November 2011 die Suid-Afrikaanse parkruns gestig as ‘n gewilde en inklusiewe hardloop geleentheid, wat gesondheid, geluk en samehorigheid bevorder.
Die Ferryvale parkrun groep wat in 2019 begin het, het tans tussen 40 en 70 mense wat elke Saterdag die buitelug oefening geniet saam met familie, kinders en honde wat ook welkom is.

Derksen se prestasie was eenlopend met die van Bruce Fordyce, president van parkrun in Suid-Afrika, wat Saterdag by die Delta Park parkrun die 1 miljoenste parkrunner in Suid-Afrika opgeteken het.

Derksen het Saterdag die 5km parkrun in 38 minute voltooi en het almal aangemoedig om deel te word van ‘n parkrun groep om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf.
Om te registreer by die Ferryvale parkrun, stuur ‘n e-pos aan ferryvale@parkrun.com.



