Local newsSport

Plaaslike karate studente vaar goed in Japan

Sensei Bernard Raubenheimer het die hoogste afrigtings kwalifikasie verwerf.

Ses karate studente van Heidelberg het onlangs aan die Gincin Funakoshi JKA Wêreld Kampioenskappe in Japan deelgeneem.

Dié ses karateka het Suid-Afrika op die wêreldverhoog verteenwoordig.

Sensei Bernard Raubenheimer het vroeër Japan toe vertrek om aan die teoretiese sowel as praktiese eksamen deel te neem om hom te kwalifiseer as een van die top instrukteurs.

Daar was altesaam 51 instrukteurs van regoor die wêreld, wat die A-klas kwalifikasie probeer behaal het, maar net 13 instrukteurs was suksesvol.

Bernard het die kwalifikasie behaal en is een van die hoogs gekwalifiseerde instrukteurs in die JKA.

“Die kwalifikasie is nie net vir my nie maar om die hoë standaard afrigting by die dojos in Nigel en Heidelberg te verbeter,” het Bernard gesê.

Tydens die kampioenskappe het Bernard, Ruben Venter, Liezel Rautenbach, Chriselda Viljoen, Matteo Res en Divan Kotze van Heidelberg deelgeneem.

Die juniors het op 25 Oktober deelgeneem en die seniors op 26 Oktober.

Die Gincin Funakoshi JKA Wêreld Kampioenskappe in Japan.

Die plaaslike deelnemers het nie terug gestaan vir enige ander deelnemer nie en het elkeen onder die top 40 geëindig.

“Ek is voorwaar baie trots op elkeen wat deelgeneem het en die ervaring sal verseker elkeen in die toekoms help om groter hoogtes te bereik.”

Op 16 November het Bernard se SAJKA Heidelberg Dojo hulle 48ste kampioenskappe aangebied wat ook deel van die Sensei Dries la Grange Memorial insluit.

Daar was ongveer 230 inskrywings vanuit 15 verskillende dojo’s.

Die inskrywings het deelnemers van Alberton, Bassonia, Henley on Klip (almal deel van die Syndicate groep) en verder van Benoni, Bethlehem, Brakpan, Ermelo, Heidelberg, Harrismith, JKA Florentia Krugersdorp, Newcastle, Nigel Potchefstroom, Secunda, Vryburg en Wits Universiteit ingesluit.

“Die karate studente moes elkeen op die top van hulle sport wees en hoë standaarde lewer tydens kata en kumite om in aanmerking vir die top posisies te bekom,” het Raubenheimer gesê.

Die Suid-Afrikaanse span wat aan die Gincin Funakoshi JKA Wêreld Kampioenskappe deelgeneem het.

Die senior trofee is deur JP Michau van Syndicate Dojo verower terwyl Alysa Govender ook van die Syndicate groep as die senior dame wenner aangewys was.

In die junior afdeling het WJ Fourie (Vryheid Dojo) die seuns afdeling gewen en Liezel Rautenbach (Heidelberg Dojo) die meisies afdeling.

Die Heidelberg en Nigel dojo’s het 151 medaljes verower wat 46 goud, 43 silwer en 62 brons insluit.

“Dit was wyle Sensei Dries la Grange se droom in die 1970’s om ‘n karateklub in Heidelberg te vestig en dit is vir ons ‘n eer om jaarliks die kampioenskappe aan te bied en eer aan wyle Dries la Grange te bring” sê Bernard.

Met die jaar wat vinnig einde se kant toe stap is Bernard se studente besig om voor te berei vir hulle finale gradering op 4 en 5 Desember. Daarna sal die jaareindfunksie en prys uitdeling volg met laastens die Ratel Kompetisie.

Die klasse sal weer op 14 Januarie begin.

Vir meer inligting, skakel Bernard by 083 489 8231.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button