Local news

Helpende Hand bedank ondersteuners

Die VLU lede se handgemaakte items kan ook by die Ladi Koffi Koffiewinkel aangeskaf word.

Solidariteit Helpende Hand Heidelberg-tak het hul jaareind funksie op 15 November by die nuwe Ladi Koffi Koffiewinkel aangebied.

Helpende Hand het met die VLU Rensburg-tak hande gevat om dié koffiewinkel op die been te bring.

Deel van die geleentheid was om vlugtig terugvoering te gee oor Helpende Hand se doen en late en ook om dankie te sê vir elkeen wat die organisasie ondersteun.

“Ons het vanjaar deur ‘n moeilike tyd gegaan waar ons meer op die gemeenskap moes staatmaak om ons te help,” het Patricia Meyer, Helpende Hand Heidelberg takvoorsitter gesê.

Patricia Meyer, Solidariteit Helpende Hand Heidelberg takvoorsitter het almal verwelkom.

“Dit was nie ‘n maklike jaar nie maar te danke aan die gemeenskap en besighede wat ons altyd bystaan en help sien ons verseker daar is ‘n lig aan die ander kant van die donker tonnel.”

Behalwe vir die gewone bedrywighede waar hul die gemeenskap help deur middel van verskeie projekte het Helpende Hand ook Ons Winkel oorgeneem en ‘n plek, waar enigeen welkom is, weer op die been gebring.
Die totstandkoming van die Ladi Koffiwinkel is ook ‘n hoogtepunt.

Martie Jerling en haar span is hard aan die werk om van die koffiewinkel ‘n sukses te maak.

Martie Jerling van die VLU Rensburg het ook die gaste toegespreek.

“Daar gaan werkswinkels en projekte wees waar die vroue in die gemeenskap saam kan werk, iets nuuts leer en in die toekoms finansies uit hulle handewerk kan verdien,” het Jerling gesê.

“Die VLU lede se handgemaakte items kan ook daar aangeskaf word,” het sy bygevoeg.

Werner van der Merwe maak sy geskenk oop.

Die gaste wat die funksie bygewoon het, het elkeen ‘n heerlike ete genuttig en ‘n Kersgeskenk ontvang.

Die volgende geleentheid by Ladi Koffi is op 21 November wanneer daar ‘n byeenkoms gaan wees waar skryfbehoeftes vir skoolkinders bymekaargemaak gaan word en dan weer op 29 November wanneer hulle ‘n pensioenarisdag gaan aanbied.

Die gaste het ‘n gesellige oggend tydens die jaarafsluiting geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button