Local news

GPF vergadering plaas kwelpunte onder die soeklig

Die GPF, wat meer vrywilligers benodig sodat hulle meer doeltreffend kan werk, se volgende vergadering sal in Februarie 2025 plaasvind.

Rensburg se Gemeenskappolisiëringsforum (GPF), wat deel van Sektor 3 insluit, het op 20 November ‘n gemeenskapsvergadering gehou om kwelpunte aan te spreek.

Daar is onder andere gefokus op veiligheid van die gemeenskap asook die misdaad wat tans sy kop in die area uitsteek.

Die hoof sprekers was Ounie Coetzee, Flip Minnaar, DA rld Yvonne Combrink van Lesedi Wyk 8 en Heidelberg SAPS Sektor 3 bevelvoerder konstabel Yolandi Daschner.

Rdl Yvonne Combrink van Lesedi Wyk 8, het ook die vergadering toegspreek.

Coetzee het almal verwelkom en die doel van die vergadering uitgespel.

“Ons moet meer oplettend wees in ons alledaagse doen en late om te verseker dat ons misdaad kan bekamp” het Coetzee gesê.

Minnaar, op sy beurt het meer oor die GPF uitgebrei en gesê elkeen kan die oë en ore van die wetstoepassers wees.

“Daar is gemeenskapstrukture in plek sodat die GPF hul take doeltreffend kan verrig. Ons kan net doeltreffend wees as die gemeenskap saam met ons werk,” het Minnaar gesê.

Volgens Coetzee is die meeste huise waarby ingebreek word, huise wat naby ‘n straathoek geleë is.

Die misdaad syfers toon ook dat misdaad in die gebied vroeër toeneem as in die verlede.

Combrink het op haar beurt die gemeenskap toegespreek.

“Daar is ‘n tendens dat baie voorvalle van misdaad nie by die polisie aangemeld word nie en dit maak dit makliker vir die misdadigers om hulle ding ongesiens te doen,” het Combrink gesê.

Heidelberg SAPD Sektor 3 bevelvoerder, konstabel Yolandi Daschner.

“Alle voorvalle moet by die SAPD aangemeld word om te verseker dat die polisie patrollies in die gebied verskerp moet word.

“Indien ‘n spesifieke gebied nie alle gevalle rapporteer nie, forseer dit die SAPD om op ander plekke te konsentreer, waar daar wel gevalle aangemeld was,” het Combrink verduidelik.

Die misdaad wat in Sektor 3 voorkom is meestal inbrake by wonings en besighede, diefstal, bedrog, winkel diefstal, vergiftiging van honde wat toeneem, seksuele misdade en mensehandel.

“Wees paraat, verander jou daaglikse roetines, ken jou bure en inwoners in jou buurt, kommunikeer met jou bure,” was konstabel Yolandi Daschner se raad aan die gemeenskap.

“As jy iets buite hoor is dit raadsaam om nie alleen uit te gaan nie,” het Dashner bygevoeg.

Ounie Coetzee.

Die GPF, wat meer vrywilligers benodig sodat hulle meer doeltreffend kan werk, se volgende vergadering sal in Februarie 2025 plaasvind.

Daar sal tydens dié vergadering ook ‘n nuwe bestuur aangewys word.

Enigeen wat meer inligting benodig kan Flip Minnaar by 082 443 1808 of Konstabel Yolandi Dashner by 082 856 0968 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button