Local news

Suikerbos inwoners word getrakeer

Leon en Rietha Goosen het die gaste vermaak met geestelike musiek.

Die Suikerbos Aftreeoord het op 21 November ‘n gesellige jaareind funksie aangebied in samewerking met AVBOB Heidelberg-tak.

Die funksie is ‘n jaarlikse instelling waar die inwoners lekker saamkuier en top klas vermaak kan geniet.

Suikerbos Aftreeoord se bestuurder, Jannie Kotze.

Die oord bestuurder, Jannie Kotze het die verrigtinge afgeskop en almal verwelkom.

“Die uitdagings van vanjaar het ons almal net sterker gemaak. Ons moet mekaar elke dag ondersteun en uitkyk vir mekaar,” het Kotze gesê.

Magda Roux van AVBOB.

Suzan Basson van Crimestop het inligting met die inwoners gedeel, om hulle daarvan bewus te maak dat misdaad op enige plek kan toeslaan.

“Wees altyd bedag en sien om na jou besittings. Dit is ook belangrik dat almal uitkyk vir mekaar,” het Basson gesê.
Magda Roux van AVBOB het ook waardevolle inligting met die inwoners gedeel.

Leon en Rietha Goosen het die gaste vermaak met geestelike musiek.

Leon en Rietha Goosen het die inowners met sang vemaak.

Marlene Walkden, Suikerbos Afttreeoord se maatskaplike werker het almal bedank wat deel van die geleentheid was.

Suikerbos Aftreeoord se maatskaplike werker, Marlene Walken.

“Die jaar het ons groot uitdagings in die gesig gestaar maar ons is met groter seëninge daaruit. Moet nooit vas staar in jou probleme nie maar kyk eerder verby dit na wat jy kan vermag,” het Marlene gesê.

Van die gaste wat die jaareind funksie bygewoon het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button