Local newsSport

Heidelberg Rugbyklub bied suksesvolle sewes toernooi aan

All Stars het koning gekraai by die toernooi.

Heidelberg Rugbyklub het op 23 November ‘n sewes rugby toernooi op die rugbyveld van die Hoër Volkskool aangebied.

Die spanne het ver en wyd gekom om deel te neem aan die toernooi.

Die spanne wat deelgeneem het was: Heidelberg (drie spanne), Springs, Pretoria, NWU, Welkom Rovers, Brakpan (twee spanne), Elsburg, ERU en All Stars uitnodigingspan.

Heidelberg spanne het ook teen mekaar gespeel.

Daar was ook ‘n paar junior spanne wat teen mekaar op die dag die stryd aangesê het.

Goeie en aanskoulike rugby is reg deur die dag gespeel.

James Atterbury van Heidelberg hardloop met die bal.

Na afloop van die dag se spel het Brakpan en All Stars na die finaal deurgedring.

Die finaal was baie gelykop gewees om mee te begin en die eindtelling het nie die ware weergawe van die wedstryd weerspieël nie.

‘n Skrum word gesak in die sewes wedstryd,

All Stars het die wedstryd 21-7 gewen, met die wendrie, wat teen die einde van die wedstryd aangeteken is.

Pretoria is oppad doellyn toe,
Die All Stars uitnodigingspan was die wenners van Heidelberg Rugbyklub sewes toernooi .
Roaan Viljoen skop af.
Die Brakpan Rugbyklub span het tweede geëindig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button