Local newsSport
Vegter vaar goed in swaarder afdelings
Sy volgende kompetisie is in Januarie en hy oefen reeds vir volgende jaar se MMA.
Arno Carstens het op 2 November aan die laaste Submission Kings Brazilian Jiu Jitsu (BJJ) toernooi van die jaar deelgeneem.
Aangesien daar geen opponente in Arno se gewigsklas was nie, het hy besluit om in twee afdelings swaarder deel te neem.
Arno het sy krag in die o18 intermediêr en gevorderde afdelings gewys en in altwee afdelings ‘n derde plek behaal. Hy is tevrede met sy podium plekke.
Arno se volgende BJJ kompetisie is in Januarie by die Versus Grappling toernooi.
Hy is ook hard aan die oefen vir volgende jaar se MMA.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



