Local news

Stywe lyne vir hengelklub

Die Verre Oos-Rand Hengelklub se volgende kompetisie sal op 11 en 12 Januarie plaasvind.

Die Verre Oos-Rand Hengelklub se katrolle het op 30 November en 1 Desember behoorlik by Cilliers, Vaaldam gesing.

Altesaam 14 lede het deelgeneem en 307 vis in die nette gekry met ‘n gesamentlike gewig van 105.50kg.

Die wenners van die kompetisie was soos volg:

Meester wenner: Kobus van Zyl met 48 vis en ‘n totale gewig van 21.4kg.

Mans wenner: Pieta Bekker met 57 vis en ‘n totale gewig van 40.6kg.

Vroue wenner: Karina Bekker met 41 vis en ‘n totale gewig van 16.75kg.

Penkop wenner: Karline Bekker met 1 vis en ‘n totale gewig van 0.1kg.

Die volgende kompetisie is by Biermans, Vaaldam op 11 en 12 Januarie.

Vir meer inligting of om by die klub aan te sluit, kontak Johan van der Westhuizen by 084 799 7066.

Die meesterwenner, Kobus van Zyl.
Die totale gewig van Pieta Bekker se vangs was 40.6kg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button