Sonja Herholdt kuier by Suikerbos Aftreeoord
Van die musiek wat opgedis is, het bekende treffers ingesluit soos onder andere Jantjie en Ek verlang na jou.
Die bekende geliefde sangeres, Sonja Herholdt het op 28 November by die Suikerbos Aftreeoord gekuier.
Herholdt het inwoners van die oord asook besoekers vermaak met ‘n nostalgiese roete van sang en stories.
Suikerbos Aftreeoord bestuurder Jannie Kotzé het almal verwelkom en ook meer oor die roemryke lewe van Herholdt met almal gedeel.

Sy het in Marievale, naby Nigel grootgeword en het haar skoolloopbaan aan die Hoërskool John Vorster afgesluit.
Van die musiek wat opgedis is, het bekende treffers ingesluit soos onder andere Jantjie en Ek verlang na jou.

Die boodskap wat Herholdt oorgedra het, is dat elkeen aan die vriendskappe en liefde moet vashou.
“Moet nooit opgee nie. Glo in wat ook al gebeur daar ‘n doel mee is en dat daar nie ‘n hindernis op jou pad sal gesit word nie as jy dit nie kan oorkom nie. Hou vas aan jou geloof en weet dat jy geliefd is deur jou medemens,” het Herholdt gesê.

Marlene Walkden, maatskaplike werker van die Suikerbos Aftreeoord het almal asook die borge bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het.



